Author: INTIEM Digitale Span

‘n Gebed vir wanneer ons baklei

Wanneer ons baklei GALASIëRS 5:22 Here Jesus, U ken ons aard. U het ons geskep as vurige mense en ons baklei maklik en gereeld. Ons vrees is om mekaar seer te maak met ons woorde.  In U Woord noem U dat selfbeheersing een van die vrugte van die Gees is. Só ook is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid en nederigheid. Help ons om die vrugte van die Gees te openbaar, selfs wanneer ons baklei. Help ons om te praat oor dit wat ons ongelukkig maak sodat ons nie wrokke sal stoor nie, maar gee ook asseblief ’n...

Read More

‘n Gebed vir wanneer jul ‘n laagtepunt beleef

Wanneer ons ’n laagtepunt beleef JOSUA 1:9 Here, ons is op ’n laagtepunt in ons huwelik. Ons vrees vir wat voorlê en of ons hierdie struikelblok sal kan oorkom. Dit lyk so groot, bo ons vuurmaakplek. Ons is afgemat en moeg, want dit voel asof ons ’n verlore stryd stry. Ons lê hierdie onsekerheid nou in U hande neer. Maak ons moedig.  Maak ons sterk.  En maak ons vasberade om hierdeur te werk. Help ons om te weet dat ons nooit hoef bang te wees nie, want U is by ons – ook in hierdie moeilike tyd. U sien...

Read More

n Gebed vir wanneer daar intimiteit skort

Wanneer daar intimiteit skort 1 KORINTIëRS 7:5 Almagtige Vader en Skepper, niemand weet wat ons in slaapkamer aangaan nie, behalwe vir U. Hier heers ’n wanbalans in ons huwelik wat net U kan herstel. Ek besef dat fisieke intimiteit binne ’n huwelik noodsaaklik is vir emosionele intimiteit en dat seksualiteit ’n gawe van U af is. Maar daar heers ’n droogte in ons slaapkamer. U ken die redes. En net U weet hoe dit ons beïnvloed. Here, ek voel ver van my maat af en dit maak my bang. Herstel die intimiteit tussen ons, Here. Stort U seën uit...

Read More

Die fases wat elke huwelik beleef

Die huwelik is inderdaad nie net maanskyn en rose nie – só besef elke paartjie waarskynlik in hul eerste jaar reeds. “Jy lyk vir my af, wat is fout?” vra jy vir jou vriendin wat nou al drie minute lank na haar koffie staar sonder om ’n woord te sê. “Ag, dis ek en Kabous. Ons gaan deur ’n fase . . .” Jy knik met die wete dat jy en manlief ook al deur só ’n “fase” was en nog ’n hele paar sal beleef. Want die huwelik is meer oseaan as dam. Vol getye. Laaggetye, hooggetye, springgetye...

Read More

Watter tipe mense is jy en jou maat?

Jy is besig om ’n diep gesprek met jou maat te voer . . . en die volgende oomblik begin hy jou kielie! Wat de . . .? Onmiddellik is jy kwaad, want jy dink hy is onsensitief. Eintlik is julle net verskillende tipe mense, en as julle dit weet, kan julle julself baie rusies spaar! Deur Gustav en Elna Muller As twee mense hulle konneksie met mekaar wil behou, is dit belangrik dat hulle weet watter tipe mense hulle onderskeidelik is. Sodra elkeen weet watter tipe mens die ander een is, kan hulle mekaar op die regte manier...

Read More

Sluit aan!

Marriage Capsule Method: 7 stappe tot ‘n huwelik wat hou! INTIEM se beste produk ooit!

Wen Groot Met King Price! Kliek op die prentjie en staan die kans om R1500 kontant te wen!

PROMOSIE

Nuutste Videos

Loading...