Author: INTIEM Digitale Span

Wat was die grootste pret wat julle al in jul huwelik gehad het? Rudy Halgryn (akteur)

“Ek en Del het aan die musiekblyspel Footloose gewerk. Dit was die meeste pret wat ons nog saam gehad het. Vyf jaar later het ek haar gevra om saam met my op ’n afspraak te gaan. Die volgende dag het ek vir haar ’n SMS gestuur om dankie te sê vir ’n lekker aand, maar sy het eers ’n week later die boodskap gekry omdat haar selfoon stukkend was. Ons is vandag gelukkig getroud, te danke aan ’n SMS-boodskap wat sy eers ’n week later gekry het!” (Rudy speel in die rolprent Moord en bloed, wat tans vertoon word.) ‘n Uittreksel uit INTIEM Feb...

Read More

Wat was die grootste pret wat julle al in jul huwelik gehad het? Vaughn Gardiner (sanger en musikant)

“Dit was ’n weeksaand. Nerine het tussen middernag en tweeuur wakker geword en ek net ná haar. Toe begin ons gesels. Ek het ’n bottel rooiwyn en glase gaan haal, en ons het in die bed gesit en wyn drink en gesels tot ons honger geraak en die partytjie kombuis toe geskuif het, waar ons pasta gemaak en verder gesels het tot ons weer met ons pasta en wyn in die bed geklim en gesels het tot die oggend toe.” ‘n Uittreksel uit INTIEM Feb Maart 2016, digitaal beskikbaar by...

Read More

Wat was die grootste pret wat julle al in jul huwelik gehad het? Juanita du Plessis (aktrise)

“Ek en my man, Andre Velts, is vir ons wittebrood Europa toe. Ek wou graag na die Moulin Rouge in Parys gaan. Konserwatiewe Afrikaanse meisie wat ek is, het ek gedink dis soos die sirkus, net beter. Maar toe die meisies bostukloos op die verhoog kom, kyk ek en my man na mekaar en bars uit van die lag. Ons besef toe eers hoekom dit eksklusief en vrek duur is. Ek spot my man vandag nog dat hy ’n wonderlike wittebrood gehad het, want hy het ’n hele paar ekstra borste gesien!” (Juanita speel in Die ontwaking, wat tans landwyd te sien...

Read More

Wat was die grootste pret wat julle al in jul huwelik gehad het? Charlotte Salt (aktrise)

“Ek en my man het mekaar op die stel van Casualty, ’n BBC-dramareeks, ontmoet terwyl ons teenoor mekaar gespeel het. Terwyl ons onderskeie karakters op die skerm op mekaar verlief geraak het, het ons in die geheim ágter die skerms ons harte op mekaar verloor! Dis was asof die werklikheid hom op die televisieskerms herhaal het, van die verlowing tot by die troue. Dit was groot pret!” (Charlotte speel in Modder en bloed, wat tans landwyd vertoon word.) ‘n Uittreksel uit INTIEM Feb Maart 2016, digitaal beskikbaar by...

Read More

Wat was die grootste pret wat julle al in jul huwelik gehad het? Clara Joubert (aktrise)

“Ek moes in ’n studenteproduksie buite Kaapstad optree en Regardt (van den Bergh) het my by die lughawe kom haal. Regardt het nie geweet waar die plek is waar die stuk geskiet word nie. Ons moes grondpad ry en ná ’n sekere aantal kilometers afdraai. Pleks daarvan om die kilometers dop te hou, kon hy aan niks anders dink as hoe hy my gaan plattrek en soen nie. Ons moes die grondpad van voor af aandurf – toe vergeet hy wéér om die kilo’s te tel! ‘n Uittreksel uit INTIEM Feb Maart 2016, digitaal beskikbaar by http://tiny.cc/INTIEM_Feb_Maart_2016  ...

Read More

Sluit aan!

Promosie

Marriage Capsule Method: 7 stappe tot ‘n huwelik wat hou! INTIEM se beste produk ooit!

NUUTSTE VIDEOS

Loading...