Author: INTIEM Digitale Span

‘n Wag voor jou mond

Wanneer jy seks het met jou maat, stel jy jouself bloot. Jy is broos en dit is wat daardie intimiteit teweegbring. Jou woorde in daardie sensitiewe oomblikke kan die atmosfeer maak of breek, só wees versigtig vir wat jy sê. Deur JB Roux “Fisiek is my sekslewe op koers, maar op emosionele vlak skiet iets tekort,” dink jy dalk. As alles nie op emosionele vlak is wat dit moet wees nie, gaan dit julle vroeër of later inhaal en gaan seks futloos raak. En jy wil net so graag soos sy hê dat seks spesiaal moet wees. Mans is...

Read More

Bou só jou Christen-huwelik

Die wêreld gee soveel riglyne vir ’n huwelik wat hou, maar sommige hiervan is twyfelagtig vir ’n paartjie wat daarin glo om dit op die Christelike manier te doen. Hier is beginsels wat veilig is vir Christen-paartjies om as boustene te gebruik. Deur Annelize Steyn Gaan slaap in vrede. Ja, soms is jy blind van woede en lyk ’n hoofpynpil en vroeg inkruip na die veiliger opsie (ten minste vir manlief). Sommige kenners meen dis beter om sekere rusies in die oggend te hervat omdat ’n mens varser is en dan weer hernude krag het, maar as dit moontlik...

Read More

O gits, dis gis…

O gits, dis gis . . . As ’n Eva is die kanse baie goed dat jy in die een of ander stadium met gis te doen sal kry. Hoër estrogeenvlakke (die vroulike hormoon) word geassosieer met die oorgroei van gis en veral met die spesifieke soort gis wat as candida bekendstaan. Candida is ’n fungus wat in die liggaam gevind word. Dit word beskou as natuurlike flora (wat in die vagina, vel, onderarms, tone en maag gevind word) en is deel van die liggaam se natuurlike primêre verdedigingstelsel – dit is mits die getalle binne beheer bly. As...

Read More

Die huwelik is ons veilige hawe: Ons gesels met Minki en Ernst Joubert

Minki en Ernst is terug in Suid-Afrika! Hulle het skaars hul tasse neergesit of INTIEM het met dié paartjie gaan gesels oor die huwelik, hul kinders en hul planne vir die toekoms. Deur Annelize Steyn ’n Mens sou jou kon voorstel dat normale mense ’n paar dae, weke of selfs maande nodig het om tot verhaal te kom wanneer hulle ná vyf jaar in Engeland vir goed terug trek Suid-Afrika toe. Maar nou ja, daar is niks “normaal” aan die lewe van ’n topmodel/televisie-aanbieder en ’n rugbyheld nie. En voor die Kaapse lug behoorlik kon kleefplek kry aan die...

Read More

Wat was die grootste pret wat julle al in jul huwelik gehad het? Sarah du Pisanie (skrywer)

“In ons jong dae was daar nie televisie nie. Ons het voor ons troue reeds op Sondagmiddae voor die radio op die mat gaan lê en na U eie keuse geluister – pragtige klasieke en ligte klassieke musiek. Ons doen dit vandag nog. PretoriaFM speel Sondae die mooiste musiek en ons het elkeen ’n groot leerstoel waarin ons kan slaap as die vaak ons oorval (ons sukkel deesdae om op die mat te kom). Ons raak steeds nostalgies oor die pragtige musiek.” ‘n Uittreksel uit INTIEM Feb Maart 2016, digitaal beskikbaar by...

Read More

Sluit aan!

Promosie

Marriage Capsule Method: 7 stappe tot ‘n huwelik wat hou! INTIEM se beste produk ooit!

NUUTSTE VIDEOS

Loading...