Author: INTIEM Digitale Span

‘n Vrou soos ek: Ontmoet vir “M” en “N”.

Wie is M? Ek is ‘n…#mamma #vrou #suster  #tannie #vriendin Ek is 6 jaar getroud met my man. Ek is ‘n mamma van 2 seuns (8- & 4 jaar oud). Ek werk voldag en droom nog om eendag ‘n “stay-at-home-mom” te kan wees. Ek is ‘n plain-Jane…what you see is what you get. Ek is nie ‘n perfekte vrou of ‘n perfekte mamma nie. Ek skel en skree, en soms huil ek van frustrasie. Ek dra nie elke dag makeup nie en partykeer loop ek heeldag in my slippers rond. Dit is ook moontlik dat ek partykeer op ‘n Saterdag so teen 12:00 nog in my pajamas sal rondloop in die huis met ‘n skewe, deurmekaar bolla omdat ek besig was om die huis skoon te maak. (Let wel: Dis die Saterdae wanneer ek nie al 07:30 langs die rugby veld staan met ‘n beker koffie en my stem wegskree om my 8-jarige te ondersteun nie.) Ek weet ook nie wat om elke aand vir ete te maak nie en erken dat ons aandete baie keer bestaan uit snackwiches, cook-in-sauce ietsies, of boksie-in-die-oond kos. Enige iets wat vinnig gemaak kan word, doen die trick. Ek is nie ‘n MasterChef nie! MAAR…Ek streef daarna om ‘n Spreuke 31 vrou en die beste vrou vir my man te wees. Om my verhouding elke dag met God te versterk. Ek probeer my bes om...

Read More

Kobus en Linda Pauw: Verhoudingskonsultante en –afrigters.

“Connection Impact” is gebore in die harte van Kobus en Linda Pauw wat die goeie in die huwelik en ander verhoudings raaksien. Hulle het ‘n passie om mense so ver te kry om die potensiaal in hulle eie huweliksverhoudings te laat raaksien en ook om hulle te leer om die beste uit hierdie verhoudings te kry waarin hulle betrokke is. Hulle en hulle span by Connection Impact glo dat die huwelik die kleinste boublok van ‘n gemeenskap is en dat as hierdie boublok gesond is en reg funksioneer, dat  dit die res van die gemeenskap op ‘n positiewe wyse kan beïnvloed. Dit het selfs die mag om gemeenskappe te transformeer. Dit is hierdie transformasiedroom wat in Connection Impact se harte leef en uiting vind in die praktyk van die huwelikslewe. Hulle kan gekontak word by: Kobus: 079 515 8565 en kobus@connectionimpact.co.za...

Read More

Annelize Steyn, Redakteur: INTIEM Tyskrif

Annelize het eenvoudig net ’n slag met woorde en sy verstaan en ken ons lesers. Annelize het vanaf die eerste uitgawe lewendige artikels gelewer wat ’n mens se hart áánraak. Annelize samel ook inligting in, voer onderhoude en omskep enige artikel in ’n kunswerk. Sy stel die inhoud van INTIEM saam, koördineer dit en bestuur dit....

Read More

Liezel van der Merwe, Besturende Redakteur: INTIEM Tydskrif

As Besturende Redakteur en mede-eienaar van Media in Africa, is Liezel die stigter en dryfkrag agter INTIEM. Sy het dié tydskrif ‘n dekade gelede begin tot waar dit vandag ‘n vinnig-groeiende publikasie vir getroude pare en huishoudelike naam regoor Suid-Afrika is. Liezel streef na voortreflikheid. Haar hart was van die begin af op die regte plek en INTIEM is vir haar meer as slegs ’n besigheidswaagstuk… dit is ‘n roeping: Om ‘n kultuur van heel huwelike te...

Read More

Sluit aan!

Promosie

Marriage Capsule Method: 7 stappe tot ‘n huwelik wat hou! INTIEM se beste produk ooit!

NUUTSTE VIDEOS

Loading...