Author: INTIEM Digitale Span

Wat was die grootste pret wat julle al in jul huwelik gehad het? Clara Joubert (aktrise)

“Ek moes in ’n studenteproduksie buite Kaapstad optree en Regardt (van den Bergh) het my by die lughawe kom haal. Regardt het nie geweet waar die plek is waar die stuk geskiet word nie. Ons moes grondpad ry en ná ’n sekere aantal kilometers afdraai. Pleks daarvan om die kilometers dop te hou, kon hy aan niks anders dink as hoe hy my gaan plattrek en soen nie. Ons moes die grondpad van voor af aandurf – toe vergeet hy wéér om die kilo’s te tel! ‘n Uittreksel uit INTIEM Feb Maart 2016, digitaal beskikbaar by http://tiny.cc/INTIEM_Feb_Maart_2016  ...

Read More

‘n Gebed vir wanneer jul wil ryk word in liefde.

 “Wanneer ons wil ryk word in liefde” 1 KORINTIëRS 13 Wat ’n wonderlike gedeelte in die Bybel is hierdie gedeelte nie, Here. Dit vat die liefde so mooi saam en tog is dit só moeilik vir ons as selfsugtige mense om vas te vat. Here, U sê dat ons sonder liefde niks is nie. Dankie dat U ons geseën het met mekaar. Met ’n lewensmaat en ’n verhouding wat berus op hierdie een baie belangrike skat – die liefde. Help ons om op te tree soos daar van ons verwag word in 1 Korintiërs 13. Maak ons geduldig. Maak...

Read More

‘n Gebed vir wanneer ons onseker is

Wanneer ons onseker is JEREMIA 29:11 Vader, ons is onseker oor ons toekoms! Ons is so skielik in hierdie situasie gedompel. Nou voel ons hooploos. Die pad lyk grys en donker en daar is vrese. Ons planne, ons verwagtinge en ons begeertes word nie vervul soos ons gehoop het nie. U weet dat ons nie met almal kan deel wat ons met mekaar deel nie. Hierdie onsekerheid beïnvloed ook ons verhouding met mekaar. Here, net U kan ons redding en rustigheid gee. Ons bid vir insig en die regte besluite. Ons bid dat ons hierdie paadjie met wysheid sal...

Read More

‘n Gebed vir wanneer jul gevul is met dankbaarheid

Wanneer ons gevul is met dankbaarheid PSALM 145 Here God, vandag wil ons U loof. Dankie vir U wonderbaarlike Skepping. Dankie vir U onoortreflike plan vir ons lewens. Dankie vir U hand in ons huwelik. Here, ons wil U lof verkondig en U naam loof en prys. Ons is getuies van U magtige dade, want ons is gevul met dankbaarheid en lof vir U werk in ons lewens. Dankie dat die huwelik vir ons lekker is. Dankie dat U ons elke dag vir mekaar bewaar en dankie dat U ons net liewer maak vir mekaar. Here, ons besef die...

Read More

‘n Gebed vir wanneer ons baklei

Wanneer ons baklei GALASIëRS 5:22 Here Jesus, U ken ons aard. U het ons geskep as vurige mense en ons baklei maklik en gereeld. Ons vrees is om mekaar seer te maak met ons woorde.  In U Woord noem U dat selfbeheersing een van die vrugte van die Gees is. Só ook is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid en nederigheid. Help ons om die vrugte van die Gees te openbaar, selfs wanneer ons baklei. Help ons om te praat oor dit wat ons ongelukkig maak sodat ons nie wrokke sal stoor nie, maar gee ook asseblief ’n...

Read More

Sluit aan!

Promosie

Marriage Capsule Method: 7 stappe tot ‘n huwelik wat hou! INTIEM se beste produk ooit!

NUUTSTE VIDEOS

Loading...