Author: Kobus en Linda Pauw – Verhoudingskonsultante en –afrigters.

Die huwelik moet nie blare hê nie.

In Genesis 2:25 staan daar geskrywe dat “…die man en die vrou was beide naak en nie skaam vir mekaar nie.” Die huwelik is ontwerp om in ‘n atmosfeer van totale naaktheid en deursigtigheid beoefen te word. Hierdie deursigtige naaktheid moet op al die verskillende terreine van ‘n paartjie se lewens plaasvind, naamlik fisies, emosioneel, in hulle gedagtes en geestelik. Die Hebreeuse woord vir “naak” is “arom” en beteken “ontbloot”. Om dus sonder enige mure en skanse te leef teenoor mekaar. Vir hierdie atmosfeer van naaktheid om te bestaan moet daar eerlike deursigtigheid wees. Geen ander verhouding verlang of verwag so ‘n totale naaktheid soos ‘n huweliksverhouding nie. Dit is plek waar daar geen geheime en wegsteekplekke is nie. In hierdie atmosfeer ontstaan die diepe vertroue wat net in huwelikspaartjies gevind word. Beide die man en die vrou moet hierdie plek met hulle lewens beskerm. Satan weet dat as hy in hierdie spasie inkom, dan sal die paartjie nie meer in opregtheid en eerlikhied met mekaar kommunikeer nie en die direkte gevolg hiervan sal wees dat die veiligheid van daardie paartjie in gedrang sal kom. Ons hoef nie ver te gaan soek vir ‘n voorbeeld hiervan nie. Hierdie storie het in die tuin van Eden sy ontstaan gehad. Toe sonde sy plek ingeneem in die spasie tussen die Adam en Eva het dit onmiddelik divisie tussen Adam en Eva...

Read More

Voel jou maat eksklusief? (Artikel 1 van 6)

Daar heers ‘n algemene wanpersepsie dat die huwelik altyd maanskyn en rose moet wees. Ons word al van kleins af geleer in die sprokies wat ons vertel word dat as die prins en die prinses aan die einde van die storie by mekaar kom, “They lived happily ever after.” Bitter min mense word egter die belangrikheid van keuses in die huwelik uitgewys en derhalwe ervaar baie mense dat die huwelik maar homself aan die gang moet hou en dat indien die vonk verdwyn het, dan beteken dit ook dat die huwelik nie meer werk nie Die waarheid is egter...

Read More
  • 1
  • 2

Sluit aan!

Promosie

7 weke uitdaging: Shopping cart NOU oop!

NUUTSTE VIDEOS

Loading...