Author: Kobus en Linda Pauw – Verhoudingskonsultante en –afrigters.

Vergifnis

Vergifnis is die laaste onderwerp in hierdie huweliksreeks wat ons glo nodig is om ‘n huwelik se fondasie goed en stewig vas te sement. Die oomblik as die woord “Vergifnis” gehoor word, dan word daar dadelik aan die groot dinge wat probleme kan veroorsaak in ‘n huwelik gedink, soos buite-egtelike verhoudings, ontrouheid, ens. Die waarheid is egter dat vergifnis nie net tot dit beperk is nie, maar eintlik ook op die klein dingetjies wat voorkom in paartjies en wat diskonneksie bring, van toepassing is. As daar vergifnis vir die kleiner oortredings is, sal daar ook makliker vergifnis vir die...

Read More

Geestelike Oë

Hoekom sukkel paartjies so baie om mekaar te hoor en voel dit baie keer asof daar hierdie totale verwydering is? So asof hulle op twee eilande bly, waar die eilande se realiteite heeltemal verskil? Ons wil graag die volgende redenasie aanknoop. Miskien is dit omdat ons nie met geestelike oë na ons maat kyk nie, maar met emosionele of selfs wêreldse oë. So hoe kyk ‘n mens geestelik na jou maat? Besef dat jy en jou maat met ‘n geestelike reis besig is en dat daardie reis in ‘n groot mate bepaal hoe hy of sy oor homself of...

Read More

Is jou huwelik ‘n huis waar jy skuiling kan vind?

Daar was ‘n man wat ‘n ope hartoperasie moes ondergaan en die man was uiters gespanne oor die hele prosedure. ‘n Vriend het hom aangeraai om met die hartchirurg te gaan praat en hom uit te vra oor die hele prosedure. Die dokter moes alles vir hom in detail vertel. Die dokter het en toe hy by die deel kom waar die dokter sy borskas oopmaak om by sy hart uit te kom, het die man baie aandagtig geluister. Die dokter het vertel hoe hy die man se hart sal uithaal uit sy borskas. Net voordat die dokter egter kon aangaan het die man die dokter gestop en gesê: “Hier is my hart” (Hy het sy vuis na die dokter uitgehou) Hy vra toe: “Hou my vuis vas soos wat jy op daardie oomblik my hart gaan vashou” Die dokter het gedoen wat die man gevra het en nadat die man vir ‘n paar oomblikke sy oë toegemaak het, het hy vir die dokter gesê dat hy nie verder die prosedure hoef te verduidelik nie, want as hy op so hierdie manier sy hart sal vashou, dan vertrou hy die dokter met die hele prosedure. In ‘n huwelik hou ons mekaar se harte vas, ons word op ons troudag vertrou met ons maat se hart. Harte is baie delikaat, maar gee die lewe en sorg dat die bloed wat...

Read More

Eenheid (Artikel 2 van 6)

Die tweede hoeksteen wat ons wil neersit vir die huwelik is die een van eenheid. Let wel, nie eendersheid nie, maar wel eenheid. In Gen 2:24 staan daar: “ en hulle sal soos een mens word…”. Dit laat dink ‘n mens dadelik aan die grappie wat baie keer op troues gemaak word waar paartjies gesê word dat hulle nou nie die res van hulle getroude lewens saam moet probeer uitvind watter een van die twee hulle nou moet raak nie. Of soos daar eenkeer deur ‘n man aan ‘n predikant gesê is: “U het gesê ons sal een word,...

Read More
  • 1
  • 2

Promosie

 Side banner

Ons lesers skryf:

Ons sien nie Intiem net as ’n tydskrif nie, vir ons voel dit soos ’n familie wie almal mekaar help met raad oor ’n huwelik. Ons is dalk wel nog net verloof, maar lees intiem al vir 4 uit die 5 jaar wat ons saam is. Het al baie geleer daaruit. Ons kan nooit wag om te sien wat die volgende uitgawe het nie. Sal dit vir enige iemand voorstel. Love al die vakansies opi adds. Sal maar nog eers spaar vir daai. Maar eers is dit spaar vir die groot dag. Met Intiem se hulp, kom groot dag al hoe nader. Dankie aan die hele span (en behind the scenes) wie dit moontlik maak.

Madelein

NUUTSTE VIDEOS

Loading...