Author: Annelize: Briewe van die Redakteur

’n Leeuwyfie in elkeen van God se dogters

Katy Perry se liedjie speel op die radio en my sewejarige dogtertjie sing saam: “I got the eye of the tiger, a fighter dancing through the fire, cause I am the champion and you’re gonna hear me roar, louder, louder than a lion, cause I am a champion, and you’re gonna hear me roar!” Of altans haar eie weergawe van dié refrein. Ek kyk vir haar in die truspieëltjie, hoe broos sy daar sit met haar melktande, haar pienk T-hempie en haar lomp vingertjies. En ek dink aan hoe sy gister die bal in haar eerste hokkiewedstryd gejaag het....

Read More

Elke huwelik is geregtig op ’n “M.I.L.K-foto”!

Deur die jare het ons by INTIEM baie geëksperimenteer. En nee, ek praat nie uit die slaapkamer uit nie – die eksperimente waarna ek verwys, is dié met artikeltemas, foto’s en die struktuur van INTIEM (ons het selfs in ’n stadium met illustrasies geëksperimenteer!). En deur die jare het ons gevind dat daar soveel waarheid is agter die gesegde “A picture paints a thousand words”. Dis altyd ’n naarstiglike soektog na die “perfekte foto” om ’n artikel te vergesel, want die woorde bly soms net woorde – tot daardie regte foto ’n spesifieke atmosfeer aan ’n artikel of ’n...

Read More

Hy bly lief vir my…

“Even after all this time, the sun never says to the earth: ‘You owe me’. Look at what happens with a love like that – it lights the whole sky.” – Hafiz. Ek weet ek kan soms heeltemal irrasioneel wees. Die een oomblik kan dit voel asof my wêreld omkantel by ’n skrikwekkende besef wat my skuins voor volmaan tref – en die volgende oomblik kan ek met ’n koppie oggend-tee sit en wonder hoekom ek laas nag gedink het my voete trap ankerloos rond. Ek kry my man jammer en soms moet hy op sy tong byt ....

Read More

Jou “survivor” huwelik

Hoewel ek deesdae veel eerder kyk hoe amateur-kokke kulinêre uitdagings oorleef om die titel van meesterlike koskunstenaar te verwerf, was die realiteitsreeks Survivor in ’n stadium my “skuldige plesiertjie”. Dit is immers heerlik om aan springmielies te kou terwyl die arme goed op die eiland smul aan goggas wat aan húlle probeer smul. Op ’n sagte bank, onder ’n duvet, is dit heerlik om effens jaloers te wees op die blou water en die palmbome . . . totdat die skuiling deur ’n donderstorm uitmekaar geruk word en die bedremmelde deelnemers weer deurweek moet wag vir sonsopkoms. Daardie dae...

Read More

Ek’s ‘n dapper muis…

Só sing ek en my kroos “Ek’s ’n dapper muis” in die kar tot daar níks is waarvoor ek skrik nie, behalwe vir, wel, die eerste klanke van “Ek’s ’n dapper muis”. Die afgelope vakansie het ek baie dapper muise gesien. Van dié wat tot diep anderkant die Tuinroete se onstuimige bloublasie- en seestroom-branders met lilo’s gaan swem het tot dié wat (dapper of dom, ek is nie seker nie) die middel-van-die-dag son herhaaldelik trotseer – en tweede gekom het. Elkeen van ons streef na ’n mate van dapperheid en dit is deels te wyte aan konsepte van braafheid...

Read More

Sluit aan!

Promosie

Laai gratis af

NUUTSTE VIDEOS

Loading...