Annelize het eenvoudig net ’n slag met woorde en sy verstaan en ken ons lesers. Annelize het vanaf die eerste uitgawe lewendige artikels gelewer wat ’n mens se hart áánraak.

Annelize samel ook inligting in, voer onderhoude en omskep enige artikel in ’n kunswerk.

Sy stel die inhoud van INTIEM saam, koördineer dit en bestuur dit.