Valentynsdag kan soms ’n bietjie afgesaag en oordadig wees. Dit het definitief verander in ’n dag wat kommersialisme vier en fanatiese sjokolade-aankope aanmoedig, maar aan die ander kant is dit definitief ’n goeie ding dat daar ’n dag is wat paartjies aanmoedig om meer seks te hê.

Vier hierdie Valentynsdag jou huwelik deur hierdie 6 fantastiese seksposisies.

1. As jy die intimiteit en romanse wil verhoog
Die Lotusblom
Ja, net soos die joga-posisie, vereis hierdie posisie dat die man in die vorm van ’n lotusblom of met gekruisde bene sit. Die vrou sit dan op sy skoot en vou haar arms en bene rondom hom terwyl sy haar hele liggaam met hom laat verenig. Dié posisie verseker dat julle gesigte na mekaar gedraai is sodat julle passievol kan soen. Die posisie vereis stadige en sensuele bewegings en dit sorg natuurlik vir baie romantiese intensiteit. Net die gedagte daaraan sal jou polsslag laat versnel.

2. As jy opwinding aan ’n gewone verhouding wil gee
Buig oor die knie
Wil jy jul gewone sekslewe hierdie Valentynsdag ’n bietjie opkikker met ’n nuwe kinkel? Hier is die perfekte posisie vir julle: iets wat julle sal uitdaag, maar nie jou maat sal laat vlug vir die berge nie. Die posisie laat die vrou oor die man se knie buig. Dit gee vir jou maat volledige toegang vir stimulasie met die hand en is ’n ideaal vir sagte (of meer intense) rapse oor die agterstewe. Dit is ’n effens weerlose posisie, maar dit is juis wat dit so interessant maak!

3. As jul albei groot kosliefhebbers is
Die sjokolade blow job
Om kos en orale seks te kombineer is ’n goeie plan vir albei partye. Jy kan sjokolade, en styfgeklopte room oor jou man se penis laat drup (jy kan selfs lekkers byvoeg as jy wil) en dit dan geniet om die dekadente soetigheid af te lek en te knibbel. Dit kan jou vir ure besig hou, afhangende van hoe lank jou man kan uithou…

4. As julle ’n pendelhuwelik het
As jou maat aan die anderkant van die aarde is, is al wat jy begeer om ’n bietjie spesiale tyd met hom of haar te spandeer. Met speelgoed wat met ’n afstandbeheer werk, is dit moontlik. Kry iets soos die We-Vibe Sync, wat jou maat toelaat om die speelding te beheer waar hy of sy ook al is. Laai net die slimfoon-toepassing af en laat die speletjies begin! Stel Matilda’s se We-Vibe Sync hier op die proef!
5. As julle albei van water hou
Waterkaskenades
Jy sal verbaas wees hoe stimulerend water op die regte plekke kan wees. Julle kan saam stort en met die bewegende stortkop eksperimenteer. Maak net seker die water se temperatuur is reg. Julle kan selfs ook in bad plesier hê deur die water op strategiese plekke te laat val.

6. As julle al baie lank saam is
Die stadige een
As julle al lank getroud is, ken julle mekaar se liggame waarskynlik al goed. Dit is baie voordelig, want jy weet tien teen een presies wat nodig is om jou maat ’n orgasme te laat bereik. Maar dit kan ook beteken dat julle meer gereeld net vinnige seks het. Maak ’n slag tyd vir seks wat langer as ’n uur duur. Tap ’n lekker skuimbad, skink twee glase wyn, steek kerse aan, sit romantiese musiek aan en laat die marathon begin. Verlei mekaar deur sensuele bewegings en voorspel in die bad en neem tyd om mekaar te masseer. Droog mekaar af en gaan cuddle in die bed!

Die geheim is om ’n slag iets buite jou gemaksone te doen. Soek ’n bietjie opwinding en andersheid binne of buite die slaapkamer. Besoek www.matildas.co.za vir meer wenke, idees en ’n wye verskeidenheid seksspeelgoed van hoë kwaliteit wat ontwerp is om groot avontuur in jou sekslewe te bring!