Promosie

Of jy ’n tiener, jong volwasse, volwasse, middeljarige of bejaarde vrou is: hormone speel ’n rol in élke vrou se lewe. Dit is jou keuse of jou hormone jou gaan beheer en of jy jou hormone gaan help met ’n natuurlike hulpmiddel soos Femolene MyLife. Hier is vyf redes waarom elke vrou natuurlike hormonale hulpmiddels kan oorweeg:

1. Dit is ’n balanseertoertjie
As tiener verander jou hormone weekliks. Femolene MyLife is so saamgestel dat daar ’n unieke formule is vir elke week van jou maandelikse siklus. As volwassene stabiliseer jou hormone, maar jy het steeds ’n maandelikse stryd teen die hoogtepunte en laagtepunte van menstruasie en PMS. Die geheim is om die balans te vind, sodat jou liggaam optimaal kan funksioneer en jy nie gefrustreerd en geïrriteerd voel nie. Jy hoef gelukkig nie hierdie balans self te probeer vind nie, met die regte produkte in kombinasie met leefstylaanpassings sal jy beslis elke maand beter kan funksioneer.

2. Hope vitamiene, minerale en kruie vir jou lyf
Femolene MyLife sorg dat daar ’n natuurlike benadering is om jou hormone gelukkig te hou. Selfs wanneer jy nie meer elke maand met menstruasie en PMS saamleef nie, is menopouse jou voorland. Daarom sorg elke reeks produkte dat jou liggaam die regte kombinasie vitamiene, minerale en kruie kry wat jy nodig het om ’n ekstra wip in jou stap te sit.

3. Dit verlaag jou spanningsvlakke
Vroue het baie ysters in die vuur. Probleme soos lae energievlakke, verlaagde seksdrang en gemoedskommelings is beslis nie bekommernisse wat enige vrou wil hê nie. Verminder jou spanningsvlakke deur ’n natuurlike hulpmiddel te gebruik wat namens jou die hormonale stryd kan stry.

4. Dit laat jou hele liggaam beter funksioneer
Hormone hou natuurlik verband met seks, maar daar is soveel meer funksies wanneer jou hormone optimaal funksioneer. Hormone kan jou onder meer help om osteoperose te voorkom en ook beensterkte te verbeter. Dit kan jou beskerm teen hartsiektes en beroerte. Warm gloede en vaginale droogheid kan verminder. Dit kan ook jou risiko vir depressie, bors- en endometriese kanker verlaag. Jou totale gesondheid kan verbeter as jy die regte hulp het.

5. Emosionele en fisieke gesondheid loop hand aan hand
Wanneer jou emosies buite beheer raak as gevolg van ongebalanseerde hormone, verhoog dit jou spanningsvlakke en is jy meer vatbaar vir siektes. Fisieke oefening in kombinasie met Femonelen MyLife kan bydra om jou hormone te balanseer en sorg vir ’n meer gelukkige en gesonde jy.

Natuurlike hulpmiddels is ‘n goeie antwoord op jou liggaam se hormonale behoeftes. Femolene MyLife help jou om te verseker dat daar ’n gesonde omgewing geskep en gehandhaaf word waarin jou hormone kan reis en kommunikeer. Uiteindelik beïnvloed jou hormone nie net jou fisieke en emosionele gesondheid nie, maar ook al jou verhoudings. Jy hoef nie na nog redes te soek nie, Femolene MyLife gaan jou lewe ten goede verander! Onthou om altyd eers jou dokter te raadpleeg voordat jy enige nuwe produkte op die proef stel of veranderinge aan jou leefstyl maak.

Vir meer inligting, besoek www.femolene.co.za

Maak seker om jou dokter te raadpleeg