Volwasse inhoud

Wat maak jy as die krag afgaan en die vlammetjie van begeerte in jou huwelik flouerig brand? Jy doen wat jy kan vir ‘n vonk of drie…

Soos wat die jare aanstap, raak ‘n mens gewoond aan mekaar. Vleeskleurige onderklere, grys haarwortels en ongewakste bikinilyne doen min vir ‘n huwelik wat stoei om die passie op dreef te hou – inteendeel! Maar kom ons wees eerlik, wie het die tyd, geld of energie om 24/7 te flankeer en so afgerond soos ‘n supermodel te lyk en op te tree? Jou maat verwag dit beslis ook nie van jou nie, want dit sou beteken dat jy dieselfde van hom/haar kan verwag en dit is net… uitputtend vir albei partye! So, wat as daar ‘n paar eenvoudige maniere was om die hitte weer aan te blaas of weerlig in die slaapkamer te laat blits? En wat sou jy doen as ons jou vertel daar ís…?

1) Daar is nie so iets soos té veel PDA nie…

Okay, daar is. Maar… dit is belangrik om soms op sy skoot te gaan sit. En om haar al langs haar ruggraat af te kielie. Jou kinders gaan julle gedrag dalk as “gross” uitmaak, maar dit kan jul seksuele energie ‘n hupstoot gee! Openbare liefdesgebare is ‘n wonderlike vorm van voorspel waarmee julle reeds in die oggend kan begin. Teen slaaptyd, is die kooltjie só aan die gloei, dat julle gereed sal wees vir enigiets! Wat van ‘n stoute seksspeelding soos die You-Turn Plus Ring deur Screaming O, ‘n veeldoelige ring wat as ‘n tradisionele penis-ring, vinger-vibreerder, klitorale en vulva-masseerder wat julle ure se pret kan besorg.

2) Kommunikeer op sexy maniere
Kweek ‘n bietjie misterie as dit kom by julle alledaagse kommunikasie. Wees dubbelsinnig oor die telefoon of fluister iets stouts in jou maat se oor. As dit vir jou moeilik is om jou eie woorde te gebruik, lees ‘n erotiese verhaal vir inspirasie of lees vir mekaar voor vanaf www.desir.co.za/erotic-literature.

3) Wys ‘n bietjie vlees
Miskien is jy glad nie die tipe wat hou van ‘n lae hals in die openbaar nie. Skaf vir jou ‘n klein nagrokkie aan, laat val jou mou ‘per ongeluk’effe van jou skouer af wanneer jy weet jou maat kyk vir jou, en buk laag vooroor as jy vir hom koffie bring voor die televisie. Beproef ook gerus van Desir se onderklerereeks wat wissel van subtiel sexy tot baie uitdagend!

4) Doen saam ‘n paar aanlyn-inkopies
Intimideer ‘n seksspeelgoed-winkel julle? Beproef gerus ‘n smaakvolle webtuiste soos Desir.co.za. Daar is ‘n onderafdeling spesifiek vir paartjies. Kyk, lees, bespreek en kliek. Daar is produkte te kies en te keur. ‘n Goeie voorbeeld is die Anniversary Collection. We-vibe het twee van hul mees geliefde produkte (die We-Vibe tango en die We-Vibe Sync) saam in ‘n luukse, eksklusiewe reis-gereed speelkassie verpak en dit is ‘n goeie geskenk aan mekaar vir jul eie huweliksherdenking!

5) Skuif jul grense in die slaapkamer
Bogenoemde mag julle dalk net in die bui kry om dié partytjie slaapkamer toe te skuif. As julle gewoond is aan vanilje-seks (altyd op dieselfde plek, tyd en in dieselfde posisie), swaai dinge so ‘n bietjie onderstebo en kyk wat gebeur! Skink ‘n glasie wyn en skuif agter Desir se webtuiste in. Daar is ‘n spesifieke afdeling vir beginners. Só kan julle saam besluit wat vir julle sal werk. Dit sal julle ook sommer ‘n lekker vertrekpunt gee om te gesels oor jul behoeftes en begeertes in die slaapkamer.

Vir meer inligting besoek gerus www.desir.co.za