Dit is ’n onkeerbare realiteit dat die tekens van tyd later in ’n vrou se lewe sigbaar is op jou hele liggaam en veral ook jou borste. Goeie borsgesondheid is daarom ononderhandelbaar vir élke vrou. En tog hoef jy dit nie bloot gelate te aanvaar nie, jy kan sorg dat jy goeie borsgesondheid handhaaf en alles binne jou vermoë doen om jou borste ten beste te versorg op ’n natuurlike manier. As jy goed voel oor jou borste, gee dit jou selfbeeld ’n hupstoot wat sal oorspoel na jou huwelik. Hier is 5 maniere hoe om goeie borsgesondheid te bevorder.

1. Gesondheid in die rondheid
As jy van jongs af goeie onderklere dra, sal jy beslis die vrugte daarvan pluk. En as jy ouer word het jou borste selfs méér ondersteuning nodig. As jy gereeld sukkel met bra’s wat nie behoorlik pas nie, is dit belangrik dat jy vir ’n brapassessie by ’n kenner gaan. So ’n persoon kan jou bystaan om die regte keuse te maak en die grootte te kry wat by jou en jou behoeftes pas. Baie vroue sukkel omdat hulle onwetend die verkeerde grootte bra dra. ’n Gemaklike bra wat nie te styfpassend is nie, kan wondere verrig.

2. Goeie aanvullings en vitamiene
Daar is verskeie bekostigbare en natuurlike produkte waarin jy kan belê om jou borste fermer te maak en selfs jou borsweefsel te laat groei. BioBust het kapsules en room wat jou kan help om gesonder en fermer borste te kry. Die room kan selfs help om rekmerke te verminder en littekens te laat verdof, maar sal ook jou vel rehidreer en die kollageen en elastien in jou borste versterk.

3. Gereelde borsondersoeke
Moenie ’n mammogram vrees nie. ’n Gereelde mammogram kan jou lewe red as dokters betyds enigiets kan raaksien wat nie normaal lyk nie. Moenie hierdie belangrike roetine-toets afskeep nie. Jy is dit aan jouself verskuldig om hierdie belangrike hulpmiddel in borsgesondheid prioriteit in jou lewe te maak.

4. Gesonde gewig
Jy hoor dit al jou lewe lank, maar as jy ’n gesonde gewig het, kan dit baie vir jou borsgesondheid beteken. ’n Gesonde gewig help ook om ’n verskeidenheid van gesondheidsrisiko’s af te weer. ’n Gesonde gewig, tesame met ’n gebalanseerde dieet en matige alkohol-inname is die sleutel tot algehele gesondheid en gesonde borste.

5. Matige oefening
Matige oefening soos om gereeld te stap, liggies te draf of selfs op ’n trampolien te spring, is voordelig vir jou omdat dit limfstimulering kan bevorder. Dit kan ook help om gifstowwe uit jou liggaam te verwyder. Oefening tesame met ’n gesonde leefstyl en dieet sal dit vir jou makliker maak om ’n gesonde gewig te handhaaf.

Dit is nooit te laat om in goeie borsgesondheid te belê nie. BioBust het natuurlike produkte om jou te help om jou borste te versorg. As jy gelukkig en tevrede is met jou borste, gaan dit jou huwelikslewe en intimiteit ten goede beïnvloed én dit help jou met jou algehele gesondheid. Omhels jou vrouwees en bederf jou borste met die heel beste produkte en behandeling.

Vir meer inligting, besoek www.biobust.co.za


Artikel deur: Lize Groenewald