Gedink jou tong is net bedoel vir oopmondsoene en om ’n roomyshorinkie af te lek? Dink weer!

Deur JB Roux

  1. Die eerste ding wat by jou opkom wanneer jy tegelyk aan jou tong en ’n dubbelbed dink, is orale seks. Hier is ’n wenk om dit selfs meer vervullend te maak: Om oorhaastig te wees, is een van die grootste sondes wanneer dit kom by orale seks – net soos met “gewone” seks. Moenie dadelik mik vir daardie allerheerlikste korreltjie nie. As jy wil hê sy moet ’n orgasme kry, moet jy eers seksuele spanning tussen julle skep. Dit neem soms tyd. En fokus! Dis nie nou die tyd om aan rugby of resieskarre te dink nie.
  2. Begin deur die vulva te lek en te soen. Sprei dan haar vagina met jou hande oop en speel stadig met die punt van jou tong oor die area net onder haar klitoris. Dié plekkie is baie sensitief en sy sal spin van genot – nes ’n kat wat ’n hele blikkie tuna geëet het.
  3. Die volgende stap is om liggies aan haar klitoris te suig. Die bewegings wat jou mond moet maak, is soos om ’n appel te kou en terselfdertyd te probeer keer dat die sap by jou mond uitloop. Dit klink laf, maar as jy mooi dink maak dit sin!
  4. Dit is toe glad nie so verkeerd om te dink jou tong is daar vir roomys eet en oopmondsoene nie! Roomys is nie nou ter sprake nie, maar oopmondsoene is ’n vanselfsprekende deel van voorspel. En naspel. En tussenin. Pasop om nie te opgewonde te raak en haar tandvleis raak te byt nie. En om minstens vier dae voor die tyd knoffel te vermy.
  5. Om met jou tong oral oor haar lyf te streel en te soen, is nog ’n vanselfsprekende deel van voorspel. Gee ’n bietjie aandag (met jou tong) aan daardie hoekies van haar lyf wat dikwels afgeskeep word: Tussen haar pragtige toontjies, die punte van haar vingers, die agterkant van haar nek, haar oorlelle, armholtes . . . (Hou verby die voetsole, ’n mens weet nooit waarin sy alles getrap het nie.)
  6. Haar tepels verdien spesiale aandag: Vou jou mond liggies om elke heuweltjie terwyl jou tong met haar stywe tepeltjies speel. Dit sal vir haar net so lekker wees soos vir jou. Onthou ook om aan haar borste van hoek tot kant aandag te gee. Begin oor die vlesige gedeelte daarvan soen. En beweeg dan met jou tong in ’n spiraalvorm binnetoe tot jy by die bull’s eye kom!
  7. Dié een is ’n ou gunsteling: Haar lyf, ’n blik spuitroom, jou tong . . . Probeer iets nuuts, soos vla uit ’n boksie of aarbeikonfyt. Spuit die lekkernye op allerlei lekker dele van haar lyf. Eksperimenteer nou deur verskillende tonghale te gebruik. Eers die plat gedeelte van jou tong om die groter areas te bedek en dan die punt van jou tong vir daardie delikate gedeeltes! Sjokolade wat spesiaal vir dié doel vervaardig word, werk natuurlik uitstekend, maar net as jy nie jou cholesterol hoef dop te hou nie.
  8. En dan – een van die primêre redes waarvoor jy jou tong moet gebruik: Om mee te praat! Mans vergeet dikwels hulle moet práát terwyl hulle liefde maak: Soete woordjies, stoute woordjies. ’n Kompliment hier en daar sal ook nie skade doen nie. En daarvoor het jy jou tong nodig. Probeer dink aan goed wat jy nog nie voorheen vir haar gesê het nie – “hartjie” of “duifie” of “soetkoekie” is só 1984.
  9. Sit ietsie lekkers – ’n blokkie sjokolade, ’n oorryp aarbei, ’n druppel roomys – op die punt van jou tong en daag haar uit om dit met háár tong af te lek. Groot pret! Of steek ’n suiglekkertjie iewers in jou mond weg en nooi haar om dit te kom soek. Julle kan sommer hiermee begin terwyl julle televisie kyk of terwyl julle in die bad lê en week. As dié een nie lei tot seks nie, sal niks nie – hierdie speletjie verander sommer gou in voorspel. En moenie moed verloor as jy elke keer per ongeluk en uit opwinding self die soetigheid insluk nie. Begin eenvoudig van voor af.
  10. Daar is deesdae ’n toepassing vir iPhone en Android beskikbaar wat kan help om jou ’n orale seks-kampioen te maak. Dit behels tongoefeninge wat jy uitvoer deur aan die skermpie te lek. (Maak net seker jou foon is góéd skoon voor jy dié een probeer.) Hoe het ons tog oor die weg gekom voor selfone ontdek is?